John Deere 6-reeks:
Nou met ‘n sessilinder

John Deere se veeldoelige 6-reeks trekker is reeds bekend as ‘n staatmaker in die sektor, en die toevoeging van die nuutste 6140B ses silinder lyk belowend in dié kompeterende segment.

Die nuwe ses silinder 6140B kajuit model beskik oor ‘n kragtige 6.8L turbo enjin, en vul die huidige 6B-reeks goed aan. Die enjin spog met John Deere se nuutste tegnologie, wat onder meer verbeterde brandstofverbruik, onmiddellike wringkragreaksie en natuurlik legendariese betroubaarheid beteken. Verskeie enjin-opgraderings aan die brandstofinspuitstelsel, lugfilter en ratkas dra by tot die trekker se maksimum kraglewering en brandstofdoeltreffendheid. Met ‘n 255L brandstoftenk, kan jou drywer ook ‘n volle dag op die landerye spandeer om verder produktiwiteit te verhoog.


Die 6140B kajuit trekker beskik oor ‘n stewige swaardiensraam en is beskikbaar in standaard of premium modelle. Die trekker se spesifikasie en kraglewering maak van hom ‘n veelsydige opsie om soomloos by byna enige boerderytipe in te skakel. Die 6140B kan ingespan word om vanaf swaar bewerking, plant, spuit, strooi, sny, baal en vervoerwerk te doen. ‘n Kenmerkende natkoppelaar-ratkas doen diens en beloof optimale werksverrigting en doeltreffendheid.

Wanneer dit by jou trekker se dienste kom, word die ure verleng danksy John Deere se Plus 50-olie. Om dié bielie te diens is spoedig en maklik omdat die verskeie diens- en instandhoudingspunte maklik bereikbaar is. Jou drywer kan uitsien na ‘n gemaklike sitplek met genoegsame geriewe en ‘n lugversorgde kajuit.


GWK Meganisasie is ‘n professionele handelaar wat die volledige John Deere-reeks verkoop. Tegniese ondersteuning word ook deur hierdie span gebied met behulp van tegnologie soos JD-Link en Autotrac. Masjinerie kan nou op ‘n afstand gemonitor word om moontlike foutopsporing te doen en die nodige kundiges in kennis te stel oor jou trekker se gesondheid.

Wanneer dit by Autotrac Guidance kom, is daar twee opsies beskikbaar. Die Autotrac Universal 300 (ATU300) is ‘n elektroniese motor met stuurwiel wat die bestaande stuurwiel vervang en die trekker stuur deur middel van ‘n Starfire Receiver en ‘n 4240 skerm. Die Autotrac Controller 300 (ATC300) is ‘n geïntegreerde stelsel wat op die trekker se hidroliese stelsel gekoppel word. Die trekker word dan ook deur middel van die Starfire Receiver sein, en die 4240 skerm beheer.

6140B-spesifikasies

  • Enjinkraglewering: 103kW
  • Ideale wringkragkurwe: 1 800 – 2 200 rpm
  • Maksimum wringkrag: 602 Nm
  • Enjinvervaardiger: John Deere Power Systems
  • Enji tipe: 6,8L Powertech E
  • Koppelaar: Natkoppelaar
  • Brandstoftenk: 255L
  • Bande: 380/85/R24 (voor); 460/85/R38 (agter)


Hendri Lamprecht is die verkoopsbestuurder by GWK Meganisasie en glo dat die nuwe 6140B sy groot skoene sal volstaan.


“Hierdie nuutste toevoeging tot die 6B-reeks het beslis ‘n plek op die plaas te danke aan die kragtige sessilinder-enjin. Dit bied meer en ‘n beter sleepvermoë vir waens, tapkarre en iets soos sekondêre grondbewerking aan. Die 6B-reeks gaan ook eersdaags met sy eie laaigraaf-opsie beskikbaar wees, wat perfek sal werk met die trekker se High – Low natkoppelaar ratkas-opsie.”


Doen gerus navraag by jou naaste GWK Meganisasie-tak oor enige John Deere produk.

  • Koos Maritz: 071 421 2758 (Prieska)
  • Ronald Cawood: 066 272 6772 (Hopetown)
  • Andre (Vos) Botha: 071 680 2796 (Douglas)
  • Barnaby Brinkworth: 066 096 9964 (Upington)
  • Tinus Oosthuizen: 082 804 0430 (Luckhoff)
  • Willie Serfontein: 084 588 2016 (Barkley Wes, Kimberley, Modderrivier)